Thursday, 13 September 2012

Dubbel en Dwars

Net nog 'n blogger.

Net nog een van die twaalfduisend-en-tien Afrikaanse studente wat dink hulle opinies is effe meer werd as díe van die volgende ou. Net nog 'n ou met issues wat stelselmatig die daglig sien en van hom TOG so 'n diep mens maak. Net nog 'n stem in die koor van liberale politieke uitsprake, nog 'n ou met "unieke uitkyke, maar dis SO WAAR wat hy sê!!!", nog iemand wat meer uitroeptekens gebruik as wat hy al meisies gesoen het.

Het die wêreld rerig nog so iemand nodig?

Hierdie poog om 'n anderster blog te wees. Nie maar net 'n web-joernaal van 'n gemartelde siel se gedagtes nie, en nie 'n plek waar jy twee weke laat 'n random ou se opinie oor Zuma se nuutste vrou kan lees nie.
Nee, die idee is om debat aan te moedig. Om jou te laat dink. Te laat bevraagteken. Te laat stry. As dit nou in Engels was sou ek die blog "The Pasta Chef" genoem het, want ek wil heeltyd stir. Alle flou grappies op 'n stokkie, bied ek die onthulding van Dubbel en Dwars aan Jan Publiek vir jou genot. As 'n groot aanhanger van sielkunde glo ek dat die beste idees en opinies eers ten vore kom as jy mense aanmoedig om te sê wat hulle rerig dink; dis egter iets wat baiekeer eers uitkom as jy baie emosioneel raak. Daai keer wat jy, in trane, oor Whatsapp vir jou beste pel vertel het van wat nou eintlik laasnaweek gebeur het, of daai massiewe fight wat jy en jou ouers gehad het laas vakansie. DIS wanneer ons by die kern van die probleem aankom, en DIS wanneer ons meer van onsself, die samelewing en die stelsel begin leer.

So raak kwaad vir my. Neem dinge persoonlik op en gaan bos in die comment-afdeling. Stuur kritiek, stuur hate-mail. Dis die idee. Selfs al is dit omdat jy nie van my font se letter 'p' hou nie of dalk allergies is vir my shampoo, bring dit.

Dit is Dubbel en Dwars, en hier volg die nuus om 6.

4 comments:

  1. Aag man! Jy't my nou so lus gemaak om te baklei dat ek sommer nou vies is dat ek nie 'n behoorlike onderwerp het nie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Haha. Hopelik het ek binnekort vir jou bietjie kontroversie of speelgoed. Ons kan maar net hoop

      Delete
  2. Ek wil met jou baklei! Sal interessant wees...

    ReplyDelete
  3. Sorry - eks 'n lover - nie 'n fighter nie...

    ReplyDelete